Home
Algemeen
Sport
Landbou
Oudskoliere
Kultuur
Avontuurkamp
Ons Skool
0/13 Rugbyfees
0/13 Rugbykliniek
Stigtingsdag
Jaarprogram
Geskiedenis
Foto Gallery
Kontak Ons




GROOTSTE O/13 SAAMTREK IN SUID-AFRIKA

Die Hor Landbouskool Marlow het in 1993 die eerste O/13 rugbyweek aangebied en nooit kon droom dat hulle in 2014 hulle drie-en-twintigste week gaan aanbied nie. Vanaf die eerste keer wat hierdie week gehou is, was dit duidelik dat hierdie week n baie groot sukses is en dat die skole wat dit bywoon, dit elke jaar baie geniet. Marlow het gou besef dat die aanbied van hierdie week n groot leemte onder laerskole gevul het omdat dit al hoe moeiliker vir hierdie skole raak om te gaan toer. Nie net is die week baie bekostigbaar nie, maar is dit ook baie veilig vir die seuns en afrigters wat dit bywoon. Tydens die week kry die skole nie net die geleentheid om hulle spanne vir die komende seisoen reg te kry nie, maar is daar ook kans om hulle kragte op die rugbyveld te toets teen skole van ander provinsies.

Die feit dat baie skole wat die eerste week bygewoon het, nog steeds elke jaar Marlow se O/13 week bywoon, wys dat die week werklik baie vir hierdie skole beteken en dat hulle dit sien as belangrike voorbereiding vir die komende seisoen. Baie skole skryf dan ook elke jaar hulle suksesse op die rugbyveld toe aan die feit dat hulle die week bygewoon het.

Tydens die week word baie tyd spandeer aan afrigting en ander fasette van rugby, maar daar word ook tyd gemaak vir n sinvolle ontspanningsprogram en die spelers en hulle onderwysers kry die geleentheid om op n eg plattelandse wyse te ontspan. Deur die jare het die spelers en afrigters dan ook baie hegte vriendskapsbande op Marlow gesmee en baie skole wat die week bywoon, begin onderlinge toernooie en wedstryde in die betrokke seisoen rel.

 

Uit die jaarverslag van 2013
 

Hierdie rugbyfees vir 0/13-spanne was vanaf 27 Maart tot 2 April by Marlow aangebied. Die doel was om afrigtings- en speelgeleenthede vir 0/13-spanne te skep. Die rugbyfees word deur Marlow se personeel en ouers gerel en aangebied. Hierdie week het deur die jare gegroei tot die grootste van sy soort in Suid-Afrika. Nie net bly dit die grootste fondsinsamelingspoging van die skool nie, maar het die week die afgelope drie jaar ontwikkel in n goeie bemarkingspoging vir die skool.

Vanjaar het 34 skole uit die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng en Vrystaat deelgeneem. Sewehonderd-en-twintig rugbyspelers en 110 afrigters was hier ontvang. Vyftig Marlow-seuns het ons tydens die kamp gehelp. Televisieopnames van die week was gemaak en was op Super Sport uitgesaai.