Home
Rugby
Krieket
Atletiek
Muurbal
Kanovaart
Gholf
Tennis
Swem
Skyfskiet
Ander




EKSTRAKURRIKULÊRE AKTIWITEITE

Marlow besef watter belangrike rol gesonde sport en ontspanning in die ontwikkeling van die jongmens speel. Daarom poog ons om aan alle leerders die geleentheid te bied om aan sport deel te neem, hetsy as ontspanning of op kompetisiebasis. Dus streef ons om ons beste in afrigting, fasiliteite en geleenthede tot deelname te gee.

Marlow het reeds op sportterrein bekendheid verwerf en word veral onder rugby-, atletiek, krieket, tweekamp en tennisspelende skole as een van die uitblinkerskole in Suid-Afrika genoem. Dit is egter veral op rugbygebied dat Marlow saampraat met enige groot skool in Suid Afrika.
 

Marlow bied die volgende sportsoorte aan:

Somer: Krieket, Tennis, Atletiek, Tweekamp, Swem, Muurbal, Gholf, Kanovaart, Skaak, Skyfskiet

Winter: Rugby, Tennis, Muurbal, Gholf, Kanovaart, Skaak, Skyfskiet

Deelname aan individuele sportsoorte soos ruiterkuns, uithouritte, gimkana, fietsry, karate, ensovoorts word aangemoedig.