|
|
Tweekamp : Mnr. R.
van Dyk |
Marlow se Tweekamp
is kerngesond en een van die vier groter somersporte by die skool. Ongelukkig
speel die klimaat en seisoene ‘n groot rol in die sport en is dit tot aan die
einde van Oktober nog te koud vir die seuns om werklik met swemoefeninge te
begin. Dit plaas groot druk op die atlete en beteken dat ons altyd met ‘n
agterstand teen die atlete in Port Elizabeth moet deelneem. Tog is Stephen Botha
, Marco Blom, Jaden Lourens, Andre Kritzinger, Anton Vosloo en Lee-Andre Cowley
gekies vir die Suid-Afrikaanse span en het 19 atlete provinsiale kleure verwerf
hierdie jaar. Marlow het ook vir die afgelope vyf jaar die Interskole beker in
die O.P. gewen as beste Tweekamp skool in hierdie provinsie.
Vier seuns neem aan fietsry
deel hierdie jaar. Drie het aan die gesogte bergfiets wedrenne in die
Oos-Kaap deelgeneem en Peet Schoeman kom dan ook tweede vir juniors in die
Addo wedren.
Louis Swart het ook aan
verskeie groot padfietswedrenne deelgeneem waarvan die Cape Argus seker die
bekendste is
|