|
|
Avontuurkamp vir
graad ses en sewe seuns : Mnr. T. Aucamp |
Tydens die afgelope Septembervakansie is die twintigste
Avontuurkamp vir graad ses en sewe seuns aangebied. Toe mnr. Van Dyk destyds
begin het met hierdie kamp was hy 28 jaar oud en kyk hoe lyk hy vandag! Vanaf
hierdie jaar bied mnr. Aucamp die kamp aan en help mnr. Van Dyk hom. Meer as
2000 seuns het al hierdie kamp bygewoon, en alhoewel dit baie goeie bemarking
vir Marlow is, gee dit ook vir jong seuns die geleentheid om op ‘n avontuurlike
manier op ‘n tipiese Karoo plaas te kom speel en ontspan.
Die afgelope paar jaar het dit al hoe meer die reël geword onder voornemende
belangstellende ouers om by meer as een hoërskool aansoek te doen vir hulle seun.
Die avontuurkamp help die betrokke seun om die regte keuse te maak en vandat ons
met hierdie kamp begin het, sukkel die skool nie meer met nuwe leerders wat die
verkeerde keuse gemaak het, en ongelukkig is op Marlow nie.
Marlow is wyd bekend vir die gesonde ontspanning wat die seuns
hier beoefen.
Die kaias teen die Visrivier is waar die leerders ontspan in hul vrye tyd. Hier
vang hulle vis, ry met kano's en binnebande in die rivier of braai 'n stukkie
vleis.
Die seuns mag met toestemming hulle perde aanhou op Marlow. Hulle ry dan die
plaas plat en mag ook by geleentheid help om skaap te werk of inspeksie van
windpompe en draadheinings te doen.
Die voordeel van ontspanning op Marlow is om gesonde pret na aan die natuur te
hê en die leerders minder bloot te stel aan die gevare van die moderne
samelewing.
|