Home
Fasaliteite
Koshuise
Beheerliggaam
Borge
Leerders
Skoollied




ONS KOMMITEE (Uit Jaarverslag 2010)

Die beheerliggaam lewer steeds baie goeie werk. Die werkskomitees van die beheerliggaam, nl. Onderwys, Koshuis, Boerdery, Infrastruktuur en Finansies, werk baie goed. Beheerliggaamvergaderings word gereeld gehou en daar word gepoog om Marlow se belange te bevorder. Dit is lekker om met bekwame, lojale persone te kan saamwerk tot voordeel van Marlow.

'n Spesiale woord van dank aan mnr. Willem van Heerden, voorsitter van die beheerliggaam, vir sy ondersteuning en leiding.


 

DIE OUER-ONDERWYSER-VERENIGING

Me. Olivier tree as koördineerder op van die OOV. Die ouers is in sewe streke verdeel en 'n konvenor is vir elke streek aangewys. Al die streke kry dan beurte om te kom werk tydens rugby op Marlow. Ek bedank elke konvenor wat werklik baie moeite doen om hierdie stelsel te laat werk. Dankie aan elke pa en ma wat deur die jaar hard gewerk het op Marlow. Marlow het besonderse ouers en ons waardeer julle gesindheid opreg. Baie dankie aan Andeline - jy verrig 'n groot werk wat nie regtig jou verantwoordelikheid is nie.