 |
|
LANDBOUKURSUSSE
VANJAAR AANGEBIED |
• Springbokkop Wolklasseringskursus
Vanjaar het twintig graad twaalf-leerders die kursus bygewoon wat deur BKB
aangebied is. Agt seuns behaal die gesogte Springbokkop en `n verdere tien
Agriseta sertifikate.
• Bokhaarklasseringskursus
Drie-en-twintig graad elf-leerders woon die kursus by wat deur CMW aangebied is.
Vir die eerste keer in die geskiedenis word `n 100% slaagsyfer behaal. CMW en
Bokhaar SA word bedank.
• KI-kursusse
Al veertien leerders het die KI-kursus geslaag wat aangebied is deur Robert
Bosch van Xseed geneties. Baie geluk met hierdie mooi prestasie.
• SA Vleismerino Beginnerskursus
Al die graad nege-leerders het hierdie kursus wat deur die SA Vleismerino
Telersgenootskap aangebied is, bygewoon.
• Junior Boerbokbeoordeling
Die Boerboktelersgenootskap het `n volledige kursus aangebied deur Hans Greeff
van Grootfontein aan belangstellende leerders. Sewe leerders slaag hierdie
kursus.
• Bestuur en onderhoud van trekkers
Willie van der Merwe van Wilan Agri het hierdie baie gewilde kursus aangebied
aan belangstellende leerders tydens die kortkursusse week.
• Nivelleerder (Dumpy level) – kursus
Ses leerders het hierdie kursus bygewoon wat aangebied is deur Dassie Mulder.
Twee nuwe kursusse wat baie belangstelling gelok het, is hierdie jaar aangebied
en sal beslis weer volgende jaar herhaal word.
• Ongedierte beheer
Twee-en-twintig leerders woon die kursus by wat aangebied word deur Dawie de
Klerk en Tim Jhong van Natuurbewaring. Die kursus het gehandel oor die skiet van
ongediertes en die regte jagproklamasies en –permitte.
• Gebruik van kettingsaag
Waldo Nel van Allcut het hierdie baie interessante en leersame kursus aangebied
aan ses leerders. Alle aanbieders van kursusse was beďndruk met die graad tien
en elf leerders se samewerking.
• Plaasbesoeke
Die graad elf Landboubestuurspraktyke klas het `n baie leersame besoek aan
Wildeklawer boerdery van Louis de Kock by Barkley-Wes gebring.
Die graad elf Landboubestuurspraktyke klas woon ook `n inligtingsdag oor
Bonsbara beeste in Steynsburg by.
|
 |