 |
Marlow se gholfspelers het vanjaar aan verskeie kompetisies
deelgeneem in die Winterberg Gholfliga en die spelers het hul goed van hul taak
gekwyt. Marlow wen al die kompetisies waaraan hulle deelgeneem het in die liga
en behaal die tweede plek in die liga, aangesien hulle een kompetisie op ’n
tuisnaweek nie kon speel nie. Drie seuns het die Winterberg A-span
verteenwoordig wat teen Karoo se streekspan gespeel het. Winterberg het die
kragmeting maklik gewen. Die seuns is: Zak van Zyl, MJ Nel & Michael Bosch.
Marlow het dan ook n geslaagde gholftoer na Boknes onderneem waar die seuns op
verskeie bane gespeel het, onder andere op die Fish River Sunbaan. Marlow het
ook kragte gemeet teen Framesby en Oakdale. Waardevolle ondervinding is opgedoen.
Zak van Zyl speel vanaf ‘n enkelsyfer voorgee en hy verwerf dan volkleure vir
hierdie prestasie.
|
 |