 |
|
Die Ramshoring : Me.
L. le Roux |
Die Ramshoring het hierdie jaar reeds twee keer verskyn. Ons
koerant gaan steeds van krag tot krag onder die bekwame leiding van Adriaan
Labuschagne, ons nuwe redakteur. Baie dankie aan al die joernaliste wat gereeld
hulle bydraes betyds ingedien het. Julle is die spreekbuis van ons leerlinge en
speel dus ook `n baie belangrike rol. Veral die juniors het `n baie groot rol
gespeel en was deurgaans entoesiasties. Die volgende leerders het groot bydraes
gelewer: Adriaan Labuschagne, Louis Swart, Chirs Hofmann, Anton Vosloo, Peet
Schoeman, Christiaan Potgieter, Marco Blom, Ben Moolman, Natie Botha, Francois
Botha, Stephen Botha, Luan van der Walt, Ines Pretorius, Benje Groenewald, CJ
Joubert en Willem de Villiers.
|
 |