 |
Marlow se oudskoliere speel 'n groot rol in die skool. As
individue bly hulle lojaal aan die skool en bevorder die skool se belange op
baie gebiede in baie dorpe en stede. Die amptelike oudskoliere-unie is goed
gevestig met meer as 800 ingeskrewe lede.
Vanjaar het ons streeksverteenwoordigers gekies wat die oudskoliere se belange
in die streke moet hanteer. Hulle is veral aangesê om ledewerwing te doen. Ons
glo dat nog te veel oudskoliere nie werklik deel is van die georganiseerde band
van oudskoliere nie. Ons doen dus moeite om oudskoliere te registreer as lede.
Sulke lede sal in die toekoms SMS’se, e-pos en omsendbriewe ontvang en sal op
hoogte gehou word van alle verwikkelinge by die skool. Ek sal graag wil hê dat
Marlow se oudskoliere op ’n georganiseerde manier meer betrokke moet wees by
Marlow, soos ons vind by ons ander tradisionele seunskole in Suid-Afrika.
Hierdie jaar het verskeie klasgroepe reünies op Marlow bygewoon en daar was 'n
groot getal oudskoliere wat die skool tydens die DP reünienaweek besoek en
ondersteun het. Vanjaar is die venue van die reünie braaivleis verskuif en dit
het baie goed gewerk en daar is heerlik saam gekuier.
David de Klerk, voorsitter van die oudskoliere unie en sy vrou Roleen, moet
bedank word vir hulle geweldige rol in die werksaamhede van hierdie unie. Dit is
nodig dat meer oudskoliere sulke mense soos David beter ondersteun.
Die oudskoliere-unie ondersteun die skool finansieel goed.
Mnr. Van Dyk het as sekretaris van die oudskoliere-unie uit sy pad gegaan om die
unie se werksaamhede te bevorder. Me. Andeline Olivier staan mnr. Van Dyk by as
administratiewe beampte. Mnr. Derik Olivier tree op as klubhuisbestuurder en
doen baie moeite om die klubhuis kerngesond te bestuur. Hierdie werk meng in met
sy werk as sportorganiseerder tydens rugbywedstryde en sal aangespreek moet
word.
|
Oudskoliere wat van
hulle laat hoor het |
Johan Steyn (Spanner) sê die volgende:
Hallo almal. Lewe gaan goed hier in Jhb. Mis net die Wolramlewe verskriklik baie.
Dink elke dag aan al die pret wat ons gehad het. Marlow het my definitief 'n
beter mens gemaak. Wil spesiaal vir mnr Van Dyk en mnr Ferreira groet.
Groete aan al die oud-skoliere, veral die 1991 matriekklas. Gaan goed in JHB
hoop om van my klasmaats te hoor. Groete Rower
jwelsh@hoya.co.za
Altyd goed om nuus te hoor van Marlow, net jammer die gutters het ons getrap.
Danie Howard (Bulla)
Hoop alles gaan goed daar by julle. Dit reën lekker hier in die Kaap. Shim het
vir my 'n nuusbrief gestuur en ek sal dit graag ook wil ontvang indien moontlik.
My adres is schalk@biblesociety.co.za. Perdeby se adres is MLHeyns@landbank.co.za.
Hy is werksaam by die Landbank en Skim (Attie) werk hier in die stad. Ek het
ongelukkig nie sy adres nie, maar sal dit probeer kry. Schalk de Villiers
Eks nog op hierdie oomblik in PE en besig om die rekenaar wereld te bewerk. Sien
julle by die Reunie naweek. Andre Ferreira
Ek moet se ek is baie trots om n Wolram te wees veral as mens in Pretoria bly en
hoor Marlow wen Menlopark so mooi!!!Hou so aan Manne! Groete:Leon Nortje (Mol)
(1991).
Ek het in 1958 matriek gemaak en sal my besonderhede deurstuur na Herkie Klopper,
aangesien ons nou seker onder die "ou Manne "tel wat hierdie jaar 50 jaar gelede
daar weg is. Die reünie se bywoning sal ’n probleem wees aangesien Pretoria vêr
is om te ry vir ’n naweek, maar ek wil tog die kontak uitbou waar moontlik.
Groete en ’n groot dankie dat u die oud-skoliere nie vergeet nie. My twee jaar
op Marlow bly nog steeds van die mooiste herinneringe van my 68 jaar tot dusvêr.
Nelis Strydom. (C.V.Strydom.)
Ek is trots om te hoor oor die prestasies van die wolramme en wil hartelik geluk
aan almal sê met hulle prestasies hetsy dit nou 'n mooi 'bags' artikel of
internasionale klere is, onthou jy is in seker die beste skool in Suid Afrika(my
mening en ek glo talle ander s'n ook). Ou Papwiel ek is bly om te sien meneer is
nog so aan die gang en betrokke met al die reëlings soos ons almal vir meneer
ken, Marlow se naam loop hoog hier in Hermanus soos ek al vir hulle vertel het
van die wonderlike opvoedkundige skool nl. Marlow (Die Wolramme) en sal graag
die program vir die avontuurkamp wil hê om aan die skole te gaan uitdeel indien
dit moontlik is. Groete Ignis Goosen (Spyker)
Ek is in die prosess om na New Zealand te verhuis maar sal graag wil deelbly van
die Marlow Kultuur wat so baie vir my as jong seun beteken het. Ek is tans besig
met my M in Omgewings Bestuur en geniet die veld baie.
Ek sal ook weer in Sep met die Vis Rivier 'n draai maar op Marlow.
My 10 jaar reunie is eers volgende jaar en sal maar moet sien of ek die
vliegtuig kaartjie sal kan bybring vir die geleentheid. Is nou vir 'n jaar
getroud, baie gelukkig. En dit wil vir my lyk asof ek 10 jaar na ek op Marlow
weg is weer in die landbou veld kan opeindig.
Het die week van Pinkie gehoor uit Afghanistan uit. Dit gaan goed met die man en
dit klink my hulle was darem nog nie in te veel warm plekke betrokke nie. Hy is
ontplooi tot einde September dink ek.
Dankie vir die inligting, dit is altyd lekker om te hoor dit gaan goed.
Wolramgroete Marchand le Roux (Bosluis)
Dankie vir die skrywe. Dit is vreugdevol om te verneem dat dit steeds goed gaan
met Marlow en geluk met die vele prestasies. Dra ons opregte dank oor aan elke
personeellid, ouer en oudskolier wat 'n positiewe bydrae tot die skool lewer.
Dit kom verseker nie vanself nie; dit verg werk en opoffering.
Ek is steeds trots op Marlow en is positief oor landbou se toekoms. Ons (Suid-Afrika)
het Marlow nodig om te help om gesonde, positiewe, bekwame en trotse landbouers
te help kweek om die geleenthede en uitdagings van die moderne landbou en
samelewing te identifiseer, te ontgin en te oorkom.
Wees verseker van ons positiewe gesindheid en bereidwilligheid om u en Marlow te
ondersteun. Edmund de Beer (Tastic)
Ek was vanjaar, tydens die reunie van ons 1977 klas, vir die eerste keer sedert
1984 op Marlow. Ek wil u baie geluk wens met die toestand, onderhoud en
instandhouding van die skool, koshuise, klubhuis, sportgronde, en die res van
die plaas. Dit was regtig lekker om met trots die naweek op Marlow deur te
bring, dankie daarvoor. Christo Kleynhans
Ek self is getroud met twee kinders en is tans werksaam te Ceres waar ons vars
vrugte verpak vir die lokale sowel as die uitvoer mark.
Die pakke slae wat ek gekry het het my darem sover op die regte pad gehou ,ek is
n pakhuis bestuurder waar ek + - 350 mense op die regte pad moet hou en nou self
n bietjie pak moet uitdeel. Pine Swanevelder
Baie dankie vir die e-pos! Baie dankie vir ‘n wonderlike naweek op Marlow.
Dankie dat ons die dissipline by die wolramme steeds kan sien, almal het ‘n
groen baadjie Vrydag in die dorp aangehad en dit vertoon baie netjies. Al die
leerlinge groet steeds, dis iets wat taboe is by ander skole. Na afloop van die
rugby het die leerlinge teruggegaan rugbyveld toe en begin skoon maak. Dit laat
‘n ou goed voel. My vrou hou ook by ‘n hoërskool skool en vir haar was dit ook
ongelooflik! Dis lekker om met Marlow geassosieer te word. Juan Venter (Piesang)
|
 |