Home
Sosiaal
Nuusbriewe
Prospektus
Ligging
Personeel
Wolramme
Toelating
Algemeen




PERSONEEL

Marlow het ’n besonderse personeel wat omgee vir mekaar en mekaar se belange op die hart dra. Hulle poog werklik om die Christelike karakter van Marlow uit te bou in hulle alledaagse wil en wandel. Ons is baie gelukkig dat die totale personeel gemotiveerd en lojaal saamwerk tot Marlow se beswil.

Ek bedank dus elke personeellid van Marlow. Dankie vir alles wat u op u terrein doen vir hierdie skool en die gemeenskap.

 

Onderwyspersoneel

Marlow het vyftien departementele onderwysers, een beheerliggaam aanstelling en een voltydse sportorganiseerder. Marlow het vanjaar geen personeelveranderinge gehad nie. Pieter du Preez, ons geestelike jeugwerker, verlaat ons aan die einde van die jaar na twee jaar se gewaardeerde werk. Sy weggaan sal ’n leemte laat wat ek graag sal wil vul.

Ek wil die onderwyspersoneel bedank vir baie ure se harde werk, vir die omgee vir al die Wolrammetjies, vir die opofferinge en afskeep van hulle eie belange ter wille van Marlow. Ek is elke dag bewus van u reuse-taak wat u met ywer voltooi. Iemand het eendag gesê: " The highest cost of an education is not getting one!" Dit is só waar en hartseer van duisende kinders in Suid-Afrika. Dankie, dat julle jul opvoedingstaak ernstig opneem op Marlow.

 

Administratiewe Personeel

Ook ons administratiewe personeel het geen verandering ondergaan nie. Die drie hoofkomponente van Marlow tw. die skool, koshuise en boerdery verg baie administratiewe werk. Baie dankie aan die dames wat werk van onskatbare waarde doen. Ek werk nou saam met hierdie dames en elkeen van hulle het ’n spesiale plekkie in my hart omdat hulle so baie vir Marlow, maar ook vir my beteken. Baie dankie aan julle almal. Me Magda Schutte het in me Anzel de Koker se plek gewerk tydens haar swangerskap en geboorte van hulle seuntjie. Baie danke vir u professionele hantering van hierdie pos. ’n Spesiale dankie aan Anzel vir al die werk wat sy vir my doen. Ek waardeer julle al vier baie.

Me. Alma Moolman het vanjaar bedank en me Magda Schutte is in haar plek aangestel. Sy is primêr verantwoordelik om fondse in te samel vir die Visrivier opvoedingstrust, om leerlingwerwing te doen en om die oudskoliere se administrasie te behartig. Ons is bevoorreg om iemand van me Schutte se kaliber op Marlow te hê. Baie welkom en baie dankie vir uitstekende werk wat reeds gelewer is.
 

Koshuispersoneel

Ons het vanjaar geen personeelveranderinge gehad nie. Tydens die landswye staking is ons erg ontwrig as gevolg van 'n tekort aan werkers. Die Marlowmanne onder leiding van mnr. Van Dyk het ingespring en gehelp met die skil van groente, skoonmaak en ander take. Baie dankie dat julle nie toegelaat het dat ons, ons laat onderkry deur belaglikhede nie.

Baie dankie aan alle koshuispersoneel wat party keer onder moeilike omstandige hulle beste gee vir die seuns.

 

Faktotum en instandhoudingspersoneel

Mnr. Labuschagne is saam met sy werkers verantwoordelik vir instandhouding, asook die verfraaiing en versorging van die skool, koshuis- en sportterreine. Mnr Louis Cambell doen steeds alle vervoerwerk. Ons dank gaan dus ook aan alle persone wat hierby betrokke is.

 

Plaasbestuurders

Mnr. Charl Naudé en mnr. Bennie Landman is steeds verantwoordelik vir die boerdery-aangeleenthede van Marlow. Ons dank in hierdie aand aan die totale plaaspersoneel wat onder mnr. Charl Naudé se bekwame leiding hierdie plaas effektief bestuur.

 

BEHEERPERSONEEL 2010

 

ONDERWYS

RANG

VERJAARSDAG

Mnr. Hennie Olivier

Skoolhoof

4 Maart

Mnr. Wyno Ferreira

Departementshoof

7 Junie

Mev. Marlene Vosloo

Departementshoof

17 Julie

Mnr. Tjaart Aucamp

Onderwyser

12 Maart

Mnr. Jaco Beukes

Onderwyser

 13 Desember

Mnr. Callie Calitz

Onderwyser

4 Augustus

Mnr. Paul de Koker

Onderwyser

24 Julie

Mev. Amanda Engelbrecht

Onderwyser

22 Oktober

Mev. Carin Greyling

Onderwyseres

15 Augustus

Mev. Laurette le Roux

Onderwyser

 19 November

Mnr. Douw Odendaal

Onderwyser

18 Julie

Mnr. Derik Olivier

 Sportorganiseerder

14 Januarie

Mnr. Benninghoff Siebert

 Onderwyser

 30 Julie

Mev. hantie van Blommestein

Onderwyser

11 Oktober

Mnr. Jan van der  Merwe

 Onderwyser

 07 Oktober

Mnr. Rikus van Dyk

Onderwyser

13 Mei

Mev. Louise Vosloo

Onderwyseres

29 Mei

ADMIN & TERREINPERSONEEL

RANG

VERJAARSDAG

Mev. Gerda Marais

Admin klerk

 10 Oktober

Mev. Anzel de Koker

Sekretaresse

14 Oktober

Mev. Synetta Stone Admin klerk 10 Februarie

Mev. Belinda Vorster

 Admin klerk

 6 September

Mnr. Lappies Labuschagne

Terreinbestuurder

13 Mei

Mnr. Louis Campbell Vervoer 27 Junie

KOSHUISPERSONEEL

RANG

VERJAARSDAG

Mev. Andeline Olivier

Hoofmatrone

6 Oktober

Mev. Lisa Beukes

Asst. Matrone

 16 Februarie

Mev. Linda van Eden

Asst. Matrone

23 September

Mev. Reinette Landman

Asst. Matrone

11 Augustus

PLAASPERSONEEL

RANG

VERJAARSDAG

Mnr. Charl Naude

Plaasbestuurder

2 November

Mnr. Bennie Landman

Plaasvoorman

22 Februarie