Home
Up
Koor
VCSV
Redenaarsvoering
Skaak




REDEVOERING EN DEBAT: Me L Vosloo

Deur die loop van die jaar het verskeie talentvolle Marlow sprekers die geleentheid gehad om aan redenaarskompetisies deel te neem.

In die eerste kwartaal het drie senior en drie junior leerders (Mario Zietsman, Wessel Potgieter, Lood de Jager, Christiaan Brand, Ronnie Beyl en Ben Moolman) by Hoërskool Cradock deelgeneem aan ‘n “Public Speaking Contest” waar hulle hul goed van hul taak gekwyt het, al moes hulle in hul tweede taal hul toesprake lewer.

Willem Steyn, Chris Hoffman, Burger van Rooyen en Anton Vosloo het op 14 Mei deelgeneem aan die eerste rondte van die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie. Chris Hoffman en Burger van Rooyen het baie goed gevaar en het deurgedring na die semi-finaal wat op 23 Julie in George plaasgevind het.

In die derde kwartaal het die graad agt-leerders die geleentheid gehad om hul redenaarstalent te wys. By hierdie Marlow kompetisie is Christiaan Brand en Erwin Ittershagen-Strauss aangewys as die beste sprekers.

Daar is hope talent onder veral ons junior leerders en ons sien uit na die geleenthede wat 2011 aan hulle en aan ons senior sprekers sal bied.

 

Vasvra: Me. C.Greyling

Verskeie van Marlow se leerlinge het in Mei aan ABSA se Węreldkennis Olimpiade deelgeneem en goed gevaar. Corrie van Zyl het uitstekend gevaar en `n tweede plek van alle graad elfs in die Oos-Kaap behaal waarvoor hy dan ook die silwer sertifikaat ontvang het.

Al die leerlinge het ook `n algemene kennis eksamen van die jaar se nuusgebeure afgelę. Dit is kommerwekkend dat baie van die leerlinge baie swak in hierdie toets gevaar het. Volgende jaar gaan daar meer gereeld sulke toetse geskryf word om die leerlinge se algemene kennis uit te brei.