Home
Koor
VCSV
Redenaarsvoering
Skaak




Me. L. Vosloo

Hierdie jaar het Marlow se skaakspelers op ‘n hoë noot afgeskop deur die toernooi wat deur Adelaide Gimnasium aangebied is, te wen. Vier van ons leerders, nl. Christopher Ferreira, Rocco Prinsloo, Hannes van der Merwe en Richard Barnard, het op 19 en 20 Februarie deelgeneem aan die Grey Uitnodigingskaaktoernooi waar hulle goed gevaar het. Rocco Prinsloo het al sy wedstryde gewen.

Op 3 Mei het Marlow die tweede kwartaal se streektoernooi aangebied. Ses skole het deelgeneem, nl. Union High, Hoërskool Cradock, Michausdal Sekondêr, Hoërskool Middelburg, Adelaide Gimnasium en Marlow. Union High wen hierdie kragmeting en Marlow kom tweede.

Ander toernooie waaraan Marlow hierdie jaar deelgeneem het, is die seshoekige toernooi wat in die derde kwartaal aangebied is deur Hoërskool Cradock.

Hierdie jaar was die matriek skaakspelers, onder leiding van die kaptein, Christopher Ferreira, die rugraat van die span. Hulle goeie spel, entoesiasme en getrouheid het die span gedra. Hierdie groep spelers sal volgende jaar baie gemis word.