Home
Rugby
Krieket
Atletiek
Muurbal
Kanovaart
Gholf
Tennis
Swem
Skyfskiet
Ander




Mnr. B. Siebert

Marlow het vanjaar baie goed presteer in silhoeëtskiet. ’n Totaal van vyftien leerlinge neem aktief deel en elf skuts het dan ook aan die nasionale kompetisie deelgeneem. Die leerders het uitsonderlik goed gedoen en baie lof verwerf vir hul prestasies. Michael Elhers, Arno Pienaar en JP Marais het onderskeidelik die eerste drie plekke verower in die junior kategorie.

Skiet het vanjaar van krag tot krag gegaan met twaalf skuts wat aktief deelneem. Die OP kampioenskappe, OP “Classic”, asook die Nasionale kompetisie is bygewoon terwyl daar ook aan verskeie liga skietbyeenkomste deelgeneem is. Die seuns wat OP kleure vir skiet verwerf het is Stefan Kleinhans en Martin Smit. Die seuns skiet met windbukse en .22 gewere asook .22 handwapens.