Home
Rugby
Krieket
Atletiek
Muurbal
Kanovaart
Gholf
Tennis
Swem
Skyfskiet
Ander




Mnr. R. van Dyk

Swem as sport is stadig maar seker besig om al hoe gewilder op Marlow te word. Die standaard van Marlow se swemmers het geweldig verbeter oor die afgelope drie jaar. Die swemspan beskik tans oor meer as dertig swemmers.

Omdat dit baie koud in die winter is, en ons nie oor binnehuise geriewe op Cradock beskik nie, kan die seuns ongelukkig nie in die winter oefen nie en begin hulle elke jaar die seisoen met `n geweldige agterstand.

Anton Vosloo gaan nog steeds van krag tot krag en hou Marlow se naam hoog in die swembad. Hy het hierdie jaar weer aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem en baie goed gevaar. Die harde werk en baie ure wat hy in hierdie sport insit word raakgesien.