Home
Up
Rugby
Krieket
Atletiek
Muurbal
Kanovaart
Gholf
Tennis
Swem
Skyfskiet
Ander




Me. C. Greyling

Marlow se spelers het baie goed tydens die tennisproewe aan die begin van die jaar gevaar. Verskeie spelers is vir die Sentrale Distrikte asook die OP Plattelande span gekies. `n Groot eer het die skool te beurt geval toe drie van Marlow se 0/15`s gekies is vir die OP-span om aan die Nasionale toernooi deel te neem. Voorwaar `n puik prestasie as `n mens in ag neem dat daar net ses spelers uit die hele provinsie gekies word. Hierdie spelers is Gerrit Snyman, Peet Schoeman en Heini Brümm.

Nasionale toernooie is deesdae gewild en Marlow was in die bevoorregte posisie om sover aan vier toernooie deel te neem. Marlow het in Februarie die gewilde Tjaart Vorster toernooi vir die negende keer aangebied. Daar is reeds groot planne vir die 2011-toernooi omdat die tien jaar-mylpaal dan bereik word. Volgende naweek neem die span aan die Boland Landbouskool toernooi deel. Die skool het `n baie jong, maar belowende span wat reeds by hierdie toernooi hul staal wil wys.

Baie dankie vir die tennisouers wat ons so mooi ondersteun het en gereeld die toernooie bygewoon het. Dankie aan me Louzelle Snyman wat op Maandae met afrigting gehelp het. `n Spesiale woord van bedanking moet ook aan Cradock se twee afrigters, nl Lizelle Marais en Alta Jordaan, gaan.