Home
Up
Koor
VCSV
Redenaarsvoering
Skaak




Me. L le Roux en Pieter du Preez

Die VCSV het ‘n effense gedaanteverwisseling gehad die jaar. Ons het net besef daar is iets nuuts nodig. Ons het baie moeite gedoen om Cradock se jeug te verenig en om die verskillende skole bymekaar te kry. Ons het ‘n tweeweeklikse rooster gevolg waar ons een week op ons eie bymekaar kom en in kringe deel. Die tweede week het ons die middag ‘n uitreik na ‘n minderbevoorregte skool, of die “Skuiling” en die aand ‘n gesamentlike byeenkoms waar ons ‘n jeugdiens (One Way) het met ‘n orkes en ‘n boodskap.

Daar is die afgelope jaar ook verskeie kampe bygewoon, onder andere twee One Way kampe, die VCSV Vakansiekamp te Jeffreysbaai en ‘n YFC Kamp te Knysna. Christopher Ferreira, was in die Junie/Julie vakansie op ‘n uitreik saam met Global Challenge na Lesotho, Swaziland en Kwazulu Natal.